FAYERS GESIN

Fabian, Lisa, Gabriella, Isabella

FAYERS GESIN

Fabian, Lisa, Gabriella, Isabella

Die Fayers gesin het hul plaaslike gemeenskap en kerk gemeente vir baie jare gedien totdat God Sy roeping op die gesin in voltydse sending bevestig het. Fabian het die koninkryk van God in plaaslike kerklike ouerskap gedien en korttermyn sending uitreike regdeur Suider Afrika gelei en verskeie ander kerk aktiwiteite saam met sy familie. Fabian en Lisa is lief vir God, het & passie vir sending en die minste bereikte mense van die wêreld. In Junie 2021 het die gesin in geloof en voltydse bediening vir Operasie Mobilisasie ingetree. Lisa het aan die begin van 2021 die meisies begin tuisonderrig en Gabriella, 13 jaar oud, is nou in graad 7 en Isabella, 11 jaar oud, is nou in graad 6. Ons gesin, kon as gevolg hiervan, glad oorgaan van Durban na Pretoria en is opgewonde oor die sendingsreis wat God begin het in ons lewens.

Voordat Fabian in die voltydse bediening getree het, het Fabian vir ongeveer 25 jaar as & Menslike Hulpbronne Bestuurder in verskeie maatskappye gewerk. Fabian het & Honneurs Graad in Teologie (Bybelkunde) en 'n Meestersgraad in Besigheidsadministrasie (MBA) van die
Universiteit van Kwazulu Natal. Fabian het veral 'n passie om individue en diverse spanne te ontwikkel om hul volle potensiaal te bereik.

As die Nasionale Direkteur van OM Suid-Afrika verskaf Fabian leierskap aan ongeveer 270 sendelinge van Suid-Afrika. Ongeveer 150 dien in meer as 40 lande regoor die wêreld, en 120 dien binne Suid-Afrika en Lesotho, in kerkmobilisering, opleiding, evangelisasie, mensesorg, maatskaplike, onderwys en diaspora-bedieninge sowel as kantoor ondersteunings funksies.

Ons visie in OM is om gemeenskappe van Jesus-volgelinge onder die minsbereiktes te sien, en ons primêre doel in OM Suid-Afrika is om gelowiges te inspireer om te
reageer op die groot opdrag, om die ontdekking van elke persoon se strategiese plek van betrokkenheid by God se missie en om werkers toe te rus met & diepte van
paraatheid in dissipel making en vermenigvuldiging om aan die visie te voldoen.

Bid asseblief vir goeie gesondheid vir die gesin, voorsiening vir gesinsbehoeftes, goeie skooluitslae vir die meisies en wysheid vir Fabian om die organisasie te stuur om die doeltreffendste te wees om die mins bereiktes, te bereik.

Groete en Vrede

Tiaan Jordaan: (082) 521 0480

Atterbury teater, Lynnbridge Sentrum, 4 Daventry St, Lynnwood Manor, Pretoria

Volgende diens begin:

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)