Waarmee hou ons ons besig?

Kalender

loading...

Eredienste 

dieKruis hou Sondae kerk om 09:00. Kom soos jy is of skakel aanlyn in op ons Youtubeblad. Kinders kry gefokusde aandag op hulle vlak.

Preek

Kinders

Kruispunte

Tieners

Volwassenes

Kampe

Huweliksnaweek

Gesinsnaweek

Manne-naweek

Dames-naweek

4 x 4

Sosiaal

SOS

Onderneem ‘n reis van geloofsverdieping saam met geloofsmanne en vroue. As jy voel dit is tyd vir vaste kos, is SOS vir jou.

Manne

Vroue

Uitreike / Sending

Raak betrokke by sendingsaksies en uitreike. dieKruis het gereelde uitreike in Pretoria en ondersteun ook internasionale sendingsreise.

Ondersteuningsgroepe

dieKruis help gratis met omvattende individuele beradingsdienste. Ons het ook groepe waar mense wat met soortgelyke uitdagings worstel mekaar kan ondersteun. Om te besef dat jy nie alleen stry nie, maak jou sterker.

Fight Club

Vir mans wat sukkel met substans- en seksuele verslawings

Kruisdraers

Vir vroue wat sukkel met angs en depressie

Stuur ‘n e-pos na info@diekruis.co.za om met groepleiers in kontak te kom

Pastorale berading

Ons leef in ‘n sondige wȇreld vol seerkry en trauma. Leer om jou seerkry saam met die Here te verwerk.

Voorhuwelikse berading

Lui die huweliksklokke amper vir jou? Wil jy graag in die kerk trou, maar jy het nog nie ‘n permanente geestelike tuiste nie? Baie geluk met jou voornemende huwelik! Maak seker die Here het die ereplek in jou huwelik. Ons kan ook help met jou huweliksbevestiging.

Huweliksberading

Geesvervulde huwelike is die fondasie vir gesonde gesinne wat naby aan God leef. Huwelike is harde werk en dit is gesond om van tyd tot tyd by ‘n berader uit te kom vir ‘n nuwe perspektief. Dit is normaal om ‘n paar sakke sout op te eet! 

Voltooi jou inligting vir ‘n berader om jou te kontak of kry hier kontakbesonderhede vir ons span

Tiaan Jordaan: (082) 521 0480

Atterbury teater, Lynnbridge Sentrum, 4 Daventry St, Lynnwood Manor, Pretoria

Volgende diens begin:

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)