ADAM

ADAM

Liewe Vriende

My naam is Adam. Ek was ‘n Moslem, maar deur God se genade het Hy my gered terwyl ek in Suid-Afrika kom werk het.

Ek is deel van een van die mees vervolgde mense groepe in die wereld. My familie wou my doodmaak toe hulle hoor dat ek ‘n Christen geword het. So, ek lewe op die oomblik my Christenskap in die geheim uit. Maar ek het baie geleenthede om die Waarheid op sosiale media te deel onder ‘n skuilnaam.

Op die oomblik is ek besig met n disipelskapkursus. Ek geniet dit baie en leer baie van myself, God en ander Christene. Ek sal graag wil trou met ‘n Christen vrou van my mensegroep. Bid asseblief saam met my dat ek iemand sal ontmoet met dieselfde passie vir die Evangelie as ek en wat die koste saam met my sal bereken.

Bid asseblief vir my toekoms en ook vir wysheid hoe om as Christen onder my mense te leef en Sy waarheid met hulle te deel.

Baie dankie vir julle ondersteuning en gebede.

Adam

Tiaan Jordaan: (082) 521 0480

Atterbury teater, Lynnbridge Sentrum, 4 Daventry St, Lynnwood Manor, Pretoria

Volgende diens begin:

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)