Not Found

/snippets/g8ofh3h3db/raw/alfapas.php

Vyf redes hoekom dit belangrik is om Nagmaal te gebruik. | dieKruis

Vyf redes hoekom dit belangrik is om Nagmaal te gebruik.

By dieKruis Pretoria hou ons daarvan om op die skouers van geloofsreuse voor ons te staan.  Hier is 5 redes hoekom ons nie die Nagmaal kan mis nie en by elkeen vra ons wat sou een van ons geloofsreuse, Herman Bavinck hieroor sê?

  • Dit help my die Verbond onthou:  Die Nagmaal dien as ‘n herinnering aan die verbond wat Christus met sy kerk gesluit het deur sy kruisdood.  Deur aan die Nagmaal deel te neem, word gelowiges daaraan herinner dat hulle deur Christus se offer gereinig is en aan God behoort.
    Bavinck:  “The sacrament of the Lord’s Supper was instituted by Christ to be a perpetual remembrance of the sacrifice of his death, and to be a seal of the covenant of grace” (Bavinck, 2004:499).
  • Dit versterk my geloof:  Die Nagmaal is ‘n middel van genade wat die geloof van gelowiges versterk.  Christus se teenwoordigheid in die Nagmaal is nie slegs simbolies nie, Hy is teenwoordig deur God die Heilige Gees.  Die Nagmaal is ‘n werklike geestelike versterking wat die gelowige se verhouding met God verdiep.
    Bavinck:  “The Lord’s Supper is a means of grace, strengthening our faith and reinforcing the bond that we have with Christ” (Bavinck, 2004:502).
  • Deur Nagmaal te gebruik wys ek my eenheid met die liggaam van onse Here Jesus Christus:  Die Nagmaal beklemtoon die eenheid en gemeenskap van die kerk as die liggaam van Christus.  Die Nagmaal is ‘n geleentheid waar gelowiges saamkom, nie net om hulle eie geloof te versterk nie, maar ook om die gemeenskaplike geloof van die kerk te vier en te bevestig.
    Bavinck:  “The celebration of the Lord’s Supper expresses the unity of the church, the one body of Christ, which all believers form together” (Bavinck, 2004:504).
  • Gehoorsaamheid aan Christus se opdrag:  Jesus self het die Nagmaal ingestel en beveel dat sy dissipels dit gereeld moet vier (“Doen dit tot my gedagtenis”).  Dit behoort vir ons belangrik te wees dat die deelname aan die Nagmaal ‘n daad van gehoorsaamheid aan Christus se opdrag is.
    Bavinck:  “Christ instituted the sacrament and commanded that his disciples observe it regularly, in obedience and faith” (Bavinck, 2004:498).
  • Versekering van Christus se beloftes:  Deur aan die Nagmaal deel te neem, word gelowiges verseker van Christus se beloftes van vergifnis en ewige lewe.  Dit dien as ‘n sigbare teken en seël van God se genade.
    Bavinck:  “In the sacrament of the Lord’s Supper, we have a visible sign and seal of the promises of forgiveness and eternal life” (Bavinck, 2004:501).2