VAN DER MERWE GESIN

Ettiëne, Anita, Ethan 18 Jaar oud, Divan 15 Jaar oud, Joshua 10 Jaar oud.

VAN DER MERWE GESIN

Ettiëne, Anita, Ethan 18 Jaar oud, Divan 15 Jaar oud, Joshua 10 Jaar oud.

Ettiëne en Anita het in Hillbrow ontmoet, waar albei sendinwerk gedoen het by M.E.S.

Hulle is dieselfde jaar getroud en het in Israel vriendskapsevangelisasie werk gedoen by verskeie Kibbutz’e saam met ‘n groepie jong mense met dieselfde passie om die koninkryk uit te brei.
In die jaar 2000 het hulle as leiers ‘n groep jongmense oorgevat Israel toe om vriendskapsevangelisasie werk te gaan doen. 2001 Terug in SA het hulle albei verder studeer.

Ettiene het 6 jaar by Netcare 911 gewerk. Daarna het hy in die bestuursrigting beweeg en by Potchefstroom Universiteit sy studies in bestuur voltooi. Anita het onderwys studeer.

Die roeping om sendingwerk te doen het deur die jare net al hoe sterker geword. Uiteindelik in 2015 het Ettiëne, Anita en die seuns alles gelos waarmee hulle besig was en voltyds in die sendingveld in beweeg.

Die seuns het begin met tuisonderrig om sodoende al die uitreike en soveel as moontlik opleidingsessies te kon bywoon.

Vir 6 maande het die gesin opleiding ontvang by OM, MDT [Mission discipleship training] Base in PTA.

Daarna het hulle vir 3 jaar gehelp met die opleiding van jongmense om voltyds in die sendingveld te kan ingaan om die onbereiktes wêreldwyd met die evangelie te bereik.

2018 het die Here dit op die gesin se hart gelê om self by die onbereiktes uit te kom. Desember 2018 is hulle Moldova toe waar hulle nogsteeds werk in die klein landjie wat vir jare deur die Soviëtunie onderdruk was.

Tiaan Jordaan: (082) 521 0480

Atterbury teater, Lynnbridge Sentrum, 4 Daventry St, Lynnwood Manor, Pretoria

Volgende diens begin:

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)