PAUL EN TONI

PAUL EN TONI

Ek(Paul) en Toni het na ons teologiese en mediese studies onderskeidelik in Maart 2012 na Varanasi, Noord Indië vertrek vir voltydse sendingwerk. Ons het Hindi geleer en begin werk by ’n sending hospitaal net buite Varanasi. Toni het as dokter daar gewerk, en ek was betrokke by die ondersteuning en opleiding van klein gemeente leiers in landelike gebiede.

Ons eerste kinders(tweeling) is gebore in Maart 2015, en teen Mei 2016 het ons nie meer opsies vir visas in Indië gehad die, weens Toni ook al haar aandag aan die kinders moes gee. ’n Vriend uit Kathmandu, Nepal, het ons besoek en genoem dat hul leiers in landelike gebiede ook opleiding benodig. Ons het besluit om Nepal toe te trek, en dadelik begin met opleiding en ook nepali aangeleer.

Tydens dié 2 jaar in Kathmandu het ons besef dat daar ’n groot nood is om mense te bedien en te bereik in die verre weste van Nepal, en het ons toe in Mei 2018 daarna getrek en ook begin met ’n koffie en avokado projek onder die mense.

Vir 4 jaar het ons daar bedien, ons derde kind is ook gebore in December 2018. Maar ons het ’n ramp beleef met die koffie, alhoewel die res staande gebly het. As gevolg daarvan, kon ons nie meer ons visa behou as ons nie koffie plant nie, en moes ons terugtrek na Kathmandu. Die avocado en okkerneut projek het ons oorgegee aan ons plaaslike werker.

Op die oomblik is ons besig met aansoek vir ’n visa om ’n klein waterbuffel melkery te begin onder die Maitali/hindi sprekende mensegroepe in die suide van Nepal, op die grens teen Bihar, Noord Indië. Daar is baie onbereikte hindu en moslem ‘villages’, aan albei kante van die grens, en ’n groot nood vir opleiding van kerk leiers.

Ons ondervind die Here se leiding hierin en hoop om oor ’n maand na daardie gebiede te trek. Ons hoop dus ook om in volgende jaar dieselfde tipe klein melkery in Bihar te begin, sodat ons ook die reg kan hê om vrylik tussen die 2 lande te beweeg vir die werk wat die Here ons voor roep. Ons gaan dus veral betrokke wees met die plaaslike leiers in ’n klein kerk netwerk wat ernstig en effektief in daardie areas werk. Die fokus is die ondersteuning en opleiding van leiers, asook die teiken van onbereikte landelike areas vir kerk planting.

Toni ‘homeschool’ die kinders, en doen mediese werk op ’n informele en verhoudings basis van die huis af. Ek gebruik ook my krieket afrigting as manier om jonger seuns te bereik, asook om op provinsiale en distrik vlak te help/ondersteun.

Tiaan Jordaan: (082) 521 0480

Atterbury teater, Lynnbridge Sentrum, 4 Daventry St, Lynnwood Manor, Pretoria

Volgende diens begin:

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)