COBUS EN MARILI

COBUS EN MARILI

ONS PAD TOT OP HEDE

Ons het elkeen ons sendingreis as enkellopendes begin, Cobus in 2011 en Marili in 2016. God het ons in 2020 bymekaar gebring en ons is op 7 April 2021 getroud.

Cobus was al betrokke by ‘n verskeidenheid van bedienings, insluitend die personeelafdeling in sending en kunsbediening. Op die oomblik is hy ‘n streeksleier vir mobilisering in Suid Afrika.

Marili het tussen 2016 en 2019 in Suid-Thailand onder Moslems bediening gedoen. Sy het vir dieselfde veld as Finansiële Bestuurder gewerk tot en met die einde van 2021. Op die oomblik ondersteun sy die Hoof Finansiële Beampte van die organisasie in Suid Afrika.

ONS HOOP VIR DIE TOEKOMS

As ‘n paartjie voel ons oortuig dat God ons roep om in een van die mees strategiese plekke op aarde, om onbereiktes te bereik, bediening te doen. Dit is die Mekongstreek in Asië. Die streek is vernoem na die Mekongrivier wat in Sjina begin en al die pad af na Viëtnam vloei. In hierdie area is daar 70 onbereikte minderheidsgroepe, wat uit 70 miljoen mense bestaan.

Alhoewel ons in ondersteuningsrolle spesialiseer, is ons harte steeds op kerkplanting en dissipelskap gefokus. Om seker te maak dat die Evangelie duidelik en akkuraat gekommunikeer word en dat nuwe gelowiges ondersteun word en dissipelskap ontvang, is die sleutel tot God-veheerlikende kerk groei onder die onbereiktes van die wêreld.

ONS VOLGENDE STAPPE
Wanneer ons ons Finansiële Ondersteunings-mikpunt bereik en ons ander klarings ontvang, sal ons,
DV, ‘n oriënteringskursus in Singapoer bywoon. Na dit, sal ons na Sentraal-Thailand trek vir
taalstudies.

Om in staat te wees om in iemand se hartetaal te kan kommunikeer is so belangrik wanneer mens die Evangelie deel en dit is ‘n liefdesdaad om die tyd te vat om die taal te leer. Daarom is dit nodig dat Cobus ten minste een jaar van voltydse taalstudie in Thai, die hooftaal in die area, doen. Aangesien Marili vantevore in Thailand gebly het, het sy reeds ‘n goeie verstaan van die taal, maar dit sal ons Koninkrykswerk bevoordeel as sy ook aanvanklik haar Thai taalkennis verfris.

Na die eerste jaar voltooi is, beplan ons om na Noord-Thailand te trek en daar bediening, saam met ander ondersteuningswerkers, te doen. Ons sal ook tussen onbereiktes bly. Dit sal vir ons die geleentheid gee om die hoop wat ons in Jesus het in ons daaglikse interaksies te deel.

Tiaan Jordaan: (082) 521 0480

Atterbury teater, Lynnbridge Sentrum, 4 Daventry St, Lynnwood Manor, Pretoria

Volgende diens begin:

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)