Not Found

/snippets/g8ofh3h3db/raw/alfapas.php

Boerekersfees - 'n Apologie | dieKruis

Boerekersfees – ‘n Apologie

In verdediging van Kersdag

Daar word algemeen aanvaar dat 25 Desember as feesdag deur die Christene van die
heidense feesdag, Sol Invicta oorgeneem is, ’n dag gewy aan die son. Ander gode het
lank voor die geboorte van ons Here Jesus Christus 25ste Desember as hulle
geboortedag gevier, waarvan sommiges ook uit ’n maagd gebore was (Unknown, 2022).
… Of was hulle?
Is dit regtig die waarheid? Is die bewerings onaanvegbaar en is daar betroubare bronne
wat hierdie bewerings staaf? Om hierdie vrae te beantwoord is dit nodig om na Bybelse
en buite-Bybelse bronne te kyk en wanneer bronne van mekaar verskil, te vra watter die
mees gesaghebbende bronne is. Om by die waarheid uit te kom is dit soms nodig om te
weeg en wat te lig bevind word, as feitelik verkeerd te verwerp (Elga, 2007).
Ons gaan ondersoek instel oor Kersfees vieringe aan die hand van die volgende vrae:
Hoe het ons op 25 Desember gekom as die dag wat ons Kersfees vier?
Is dit sonde om Kersfees te vier?
Staan ons onder ’n vloek?
Is daar enige Bybelse fees wat die Kers vieringe vooruit skadu?
Is daar enige rede waarom dit nie op die 25ste Desember kon gebeur het nie?

(Klik op die skakel hieronder om die hele artikel af te laai)

Boere Kersfees – ‘n Apologie

Die inligting is gratis maar u is welkom om ‘n bydrae maak in die volgende rekening. Gebruik die verwysing BKA.